top of page

Clever  | Kids

Gelukkige | Kinders

CARING

STIMULATION

EDUCATION

Screenshot 2024-02-29 at 09.31.26.png
Screenshot 2024-02-29 at 09.31.39.png
INFANTICARE MENLO PARK

News & Information

INFANTICARE MORELETAPARK

Nuus & Inligting

Screenshot 2024-04-02 at 10.07.34.png
Anze Loedolf

Uit die hart van die Trotse Nuwe Infanticare Eienaar

C.S Lewis het gesê: “Children are not a distraction from more important work. They are the most  important work.”

​

Vandat ek kan onthou was ek mal oor kinders. Dit was my droom en passie om eendag ‘n positiewe bydra tot hul ontwikkeling en opvoeding te maak.
Hierdie droom het realiseer en ek het my B.Ed Graad in Vroeë Kinder Ontwikkeling voltooi aan die Universiteit van Pretoria. Tydens my studies het ek ‘n paar maande praktiese ure voltooi, toevallig by Infanticare Menlopark, of was dit toeval ?


16 Jaar gelede het die Liewe Vader al “Infanti Liefde” in my hart wakker gemaak, maar min het ek geweet wat Hy vir my beplan. Na my studies het ek 15 jaar ervaring opgedoen voordat Infanticare weer oor my pad gekom het. Ek het nie een oomblik gehuiwer om Infanti te koop nie. Dit was nog altyd vir my bestem. Om Infanticare “myne” te noem is die grootste eer en voorreg. Ek is baie opgewonde oor die nuwe hoofstuk in my lewe, maar veral oor die nuwe hoofstuk in Infanticare se verhaal.
Infanticare is nie my werk nie, maar eerder die plek waar ek daagliks my liefde en passie vir kinders uitleef.

​

Wanneer ‘n mens jou passie uitleef sal jy nie ‘n dag in jou lewe werk nie.

Infanti groete
Anzé Loedolff

bottom of page